Produktereeks
T-hempies
Filaflooi-hempies is in ‘n verskeidenheid van kleure en rympies beskikbaar. Sien die fotos op ons fotogallery vir ‘n aanduiding.
Groottes
1-2 jaar, 2-3 jaar, 3-4 jaar, 4-5 jaar en 5-6 jaar.
Die groottes wat hier weergegee word is ware groottes. ‘n 3-4 jaar t-hempie sal dus pas vir ‘n normale grootte kind tot 4 jaar oud.
Groter groottes is van tyd tot tyd beskikbaar, kontak ons gerus om te hoor of ons in voorraad het. Die t-hempies is in kort- en langmou te kry.
Kleure
(Sien fotogallery vir aanduiding van die kleure.)
Ons het gewoonlik babapienk in voorraad, ook groen, blou en khaki. Filaflooi kleue is pastelle – dis sag, soos ons kinders! Die kleure wat beskikbaar is, verander met elke besending hempies wat gemaak word. Hou gerus ons nuusbrief dop vir nuwe kleure wat beskikbaar is.
Rympies op die hempies beskikbaar
Ons het ‘n verskeidenheid van rympies. Dit is moeilik om almal hier te lys. Die beskikbaarheid van rympies wissel ook met elke besending hempies wat gemaak word. Wat ons wel kan waarborg, is dat daar beslis ‘n rympie sal wees waarvan jy sal hou!
(Kontak ons om die regte rympie vir jou aspatat te vind!) bv.
‘aspatat’
ienkel dienkel dalie-kind
hardloop soos die wilde wind
hier gedraai en daar geswaai
en binne-in my hart gewaai
vang vir jou ‘n vlinder
en hou hom saggies vas
droom die mooiste drome
wat by ‘n vlinder pas
- Alba Bouwer
Hekelreeks
Ons het pragtige hekelrokkies in voorraad. Kontak ons gerus sodat ons vir jou fotos kan aanstuur.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |