Terms & Conditions

Aanlyn-aankope

n Persoon moet 18 jaar en ouer wees. As jy registreer, hou jou gebruikersnaam en wagwoord geheim.Al die aktiwiteite wat jy hier doen, is jou verantwoordelikheid.

As jy hier koop, onderneem jy om die voorwaardes te lees en dat jy verstaan wat hier uiteengesit is. As Filaflooi agterkom dat jou inligting wat jy verskaf, fals is, kan ons jou rekening sluit. 


Beskikbaarheid van items

Filaflooi se aanlyn-verkope word op 'n beskikbaarheidsbasis gedoen. Ons kan nie verantwoordelik gehou word indien ons nie 'n spesifieke item dadelik beskikbaar het nie.In so 'n geval sal ons 'n soortgelyke item aanbeveel. Jy kan ook 'n spesifieke ander bestelling plaas. Filaflooi behou die reg om enige item/reeks te verander volgens die beskikbaarheid van voorraad.


Plasing van bestellings

Alle bestellings wat geplaas word, is volgens die aanwysings op die Filaflooi website/ aanlyn-verkope


Omruiling van items

Filaflooi items kan slegs omgeruil word indien daar 'n kwaliteitsfout op die hemde is, hetsy met die maak of printwerk.'n Volle krediet terugbetaling sal dan aan die kliënt gedoen word indien hy nie meer 'n produk wil hê nie. Indien 'n omruiling ter sprake is, moet die kliënt nogsteeds die pakkie se koste dra. 


Ander

Filaflooi kan ook nie verantwoordelik gehou word indien die aanlyn verkope af-lyn is of ge onderbreek word terwyl 'n transaksie gedoen word nie. 


Filaflooi het die alleenreg op die ontwerp van produkte en rympies.